- December 2014 (1)
- October 2014 (1)
- September 2014 (1)
- August 2014 (1)
- July 2014 (4)
- June 2014 (5)
- May 2014 (3)
- March 2014 (1)
Borsspeld, Bangles en ‘n Blond gesels oor kook
Deur Marieke Snyman: Borsspeld, Bangles en ‘n Blond bestaan uit Johnny Hamman, Marius Uys en Alet van der Westhuizen wat deelnemers van Kokkedoor 2014 was. Ek ontmoet hulle vir ontbyt by ‘n kafee in Kaapstad en oor koffie en geposjeerde eiers gesels ons oor alles Kokkedoor, hoe hulle lewens verander het en wat die toekoms inhou.
Wanneer mens Kokkedoor kyk en die kompeterende geaardheid van die deelnemers sien, sal mens dink elkeen skryf in om te wen. En alhoewel Marius tot die finale rondte deurgedring het, was dit eintlik sy vriende wat hom oortuig het om vir die program in te skryf.
“Hulle het nie ‘n gun teen my kop gehou nie, maar ek was ‘n dag laat met die eerste inskrywings en toe met die tweede rondte inskrywings het ‘n vriendin by my in die kantoor kom sit en gesê ‘nou vul jy hierdie vorm in.’ En dit is hoe ek ingeskryf het,” verduidelik hy.
Alet was in Griekeland toe sy uitgevind het sy is in om deel te neem. “Vriende het my ook maar beïnvloed. Ek het nie eers die eerste reeks gekyk nie.”
“Ek het. Ek het dit stip gevolg,” sê Marius.
“Ek het net een episode saam met my ma-hulle in George gekyk,” vertel Johnny. “Toe sê ek dis nogal oulik, miskien sal ek volgende jaar inskryf en toe vergeet ek daarvan. Maar eendag toe ek by die werk kom, het twee van my vriendinne die vorms vir my gedruk en op my tafel gesit.”